ATKV-Drakensville

Skouspelagtige Drakensberge

Net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n half uur van Durban af, lê ATKV-Drakensville naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n Unesco-Wêrelderfenisgebied.

ATKV-Drakensville bied ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied toegang tot talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Die oord het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.

Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, ’n suksesvolle konferensie of ’n uitmuntende spanbouprogram!